Ons wil u graag verwelkom op die webtuiste van die Ebenhaeser Gemeente Carletonville

Wat 'n voorreg om u te kan groet vanuit die Pinkster Protestante Kerk, Ebenhaeser Gemeente, Carletonville.

Wel, ons staan bykans 'n jaar later, en ons as Gemeente wil aan die Here al die eer gee vir Sy wonderdade aan ons bewys. Reg deur hierdie tyd van Covid-19 en al die chaos rondom dit het die Here Jesus Christus, ons waarlik beskerm.

Hoe kosbaar is Sy liefde en genade nie, geeneen van ons mense het hulle werk verloor nie.

Ons bid dat hierdie 2021 vir elkeen 'n deurbraak jaar in die Here sal wees. Dat u gedurende hierdie jaar sal beleef hoedat die Here u oplig en versterk. Geeneen kan seën soos wat Hy seën nie, en geeneen kan Sy Woord ongedaan maak nie.

Groete in Christus.

Pastoor W, Stols







Pastoor W. Stols