JOIN OUR MAILING LIST
Nuusbrief/Blog


2017-03-05
'n Uitdaging aan elkeen


'n Hartlike goeie môre aan elkeen.

Dit is voorwaar 'n voorreg om op hierdie mooi dag net 'n kort gedagte te laat vir elkeen. Die Woord van die Here sê: Wees heilig, want Ek is heilig! Kan ek vandag 'n beroep doen op elkeen wat meer van die Here verlang, om op te staan vir die waarheid, op te staan vir 'n veranderde lewe in Jesus Christus. Ons leef in die dag waarvan die Here gesê het; die wat vuil is, sal vuiler word en die wat skoon is, sal skoner word. Daar is nie 'n midde weg vir 'n heiligmakende lewe nie. Kan elke kind van God, elke christelike kerk nie weer die waardes van God aanneem en dit uitstraal nie.  Matthéus sê; Julle is die lig van die wêreld en julle is die sout van die aarde. Ek daag die kind van God en die Kerk uit - word weer LIG en word weer SOUT!

Hou aan, moenie moeg word nie, dien die Here!

Vriendelike groete.

Pastoor Stols


Terug Terug na bo