JOIN OUR MAILING LIST
Nuusbrief/Blog


2019-03-13
Profesie 10 Maart 2019 Sondagoggend


 

·         Wat vrees jy vanmôre vra die Here?
·         Omdat jy dink die deur is toe en daar is nie meer n uitweg nie sê die Here.
·         Wat dink jy vanmôre in jou eie gedagtes?
·         Wat dwaal jy vanmôre in jou eie gedagtes?
·         Wat dwaal jy vanmôre tussen jou eie gedagtes rond en kan nie rigting kry nie, sê die Here.
·         Is Ek nie vanmôre jou rigting nie?
·         Is Ek nie vanmôre jou anker nie?
·         Is Ek nie vanmôre jou lewe nie?
·         Is Ek nie vanmôre dit wat jy nodig het nie?
·         En weet jy nie vanmôre dat My gedagte oor jou ten goede is nie?
·         En weet jy nie vanmôre dat My hand van more na jou toe uitsteek omdat Ek jou wil gryp vanmôre in jou omstandighede. 
·         Want jou omstandighede is nie vir My 'n probleem nie, sê die Here.
·         In My heerlikheid gaan Ek nie stilstaan omdat jy in omstandigheid is nie.
·         Ek gryp jou vanmôre sê die Here met My reddende regterhand.
·         Ek gryp jou vanmôre en Ek red jou uit.
·         Ek gee genade omdat jy kostelik is sê die Here deur Sy Woord.


Terug Terug na bo