Getuigskrifte

Joann Fino en Arrie van Tonder

Hoe wonderlik is dit om julle te groet in die teenwoordigheid van ons Jesus en God.

Ek en Arrie wil graag vir julle vertel wat julle, die Pinkster Protestante Kerk Carletonville vir ons beteken.

Jesus het ons gewaarsku dat na Sy vertrek daar n evangelie verkondig sal word van verlossing sonder Sy heerskappy. Hy het ook gese dat baie dit gaan aanvaar -Matteus 7:21.

Baie lê klem op die feit dat Jesus ons verlosser is, maar daar word baie min gesê oor die baie belangrike feit dat Hy die Here in ons lewe is. Die fokus is dat God se genade alles dek - gister, vandag en more se sondes. Nou kan ek myself doof hou wanneer die Heilige Gees met my praat. Dit bring n vals gevoel van sekuriteit, want dit sus my gewete. Dis so asof die tien gebooie en alles waarteen God ons waarsku nie meer saak maak nie. Baie se dis so Ou Testamenties. Dis nie omdat ek dink ek is heiliger as enige iemand anders nie. Nee, inteendeel, ek het nog baie ver om te gaan. Maar dis juis hoekom ek ‘n prediker soek wat vir my die volle waarheid sal vertel van God se boodskap oor verlossing. En wat van al die verlorenes daar buite? Die boodskap dat God se genade ons van alle voorskrifte en gebooie bevry, word in kerke en byeenkomste dwarsoor die wêreld verkondig, en ons sien en hoor dit op tv en die internet. Sulke predikers dink hulle bevry ons, maar in werklikheid lei hulle die mense reguit hel toe.

My pa was in die NG kerk. Iets het gebeur en hy het ons nooit weer kerk toe gevat nie. Ek het nie die vermoë gehad om te onderskei tussen wat van God af was en wat van satan af gekom het nie. Hoekom nie? Ek het nie na die Heilige Gees binne in my geluister nie. Ek het op my eie onderskeidingsvermoë staat gemaak. Ek kon die Heilige Gees nie hoor nie want die geraas van die wêreld was harder. Ek was nie doelbewus stil in die teenwoordigheid van God nie.

Op ‘n dag ontmoet ek ‘n Pastoor. Ek het n jong meisie na die Pastorie van die PPK in Carletonville geneem. Sy kon nie bestuur nie en wou haar baba laat doop. Ek het buite in die motor gewag. Met ons vertrek het die man homself aan my voorgestel as Pastoor Wynand Stols. Ek het die teenwoordigheid van God onmiddellik aangevoel. Hy het gesê dat ek ook welkom is om na die volgende diens toe te kom. Onder normale omstandighede sou ek glad nie belanggestel het nie. Vir baie redes het ek op daardie stadium van my lewe geen mens vertrou nie. Maar vir daardie tien sekondes was God se liefde baie werklik en tasbaar. Dit het by my gebly. Een Sondagoggend het ek besluit om te gaan. Ek het Pastoor se vrou, Suster Marie ontmoet. Met elke diens leer ek meer en meer. Hierdie twee dienaars van God verstom my en ek besluit om te bly. Hulle praat die waarheid met liefde sodat dit my help om in Christus te groei en volwasse te word.

Dis al vir duisende jare n probleem dat mense nie daarvan hou om die waarheid te hoor nie. Maar hierdie twee mense ken die geheim van n profetiese boodskap - hulle voel suiwer liefde vir die mense met wie hulle praat. Hulle sal nooit n teregwysende boodskap bring sonder daardie egte liefde wat hulle het vir mense nie. Hulle het my geleer dat nie alles wat goed is altyd van God af kom nie, maar dat alles wat van God af kom wel goed is. Dis juis oor hierdie baie slim strategie van die vyand dat ek by die dood se voordeur omgedraai het.

Baie predikers is versigtig om die waarheid te praat omdat hulle bang is vir konfrontasie of verwerping. Dis nie die geval in hierdie kerk nie. Die PPK Carletonville se ware fokus van hulle liefde is nie hulleself nie maar die mense vir wie hulle preek. Moet nou nie dink dis n vervelige kerk waar negatiewe en teregwysende boodskappe aan die orde van die dag is nie. Hierdie kerk lewe en en daar heers n majestieuse atmosfeer. Dit lig jou op en maak jou bewus van God se grootheid en mag. Hierdie predikers se harte is geoefen om tussen God se siening van goed en kwaad te onderskei. Hulle deel die waarheid wat die Here self aan hulle persoonlik geopenbaar het. Wanneer Pastoor Stols of Suster Marie n boodskap lewer kan jy maar verseker weet dat dit van die Here Self af kom en nie meegedeelde kennis is nie. En wat my nog altyd tref is dat, of daar nou 30 of 300 mense by n diens is, die atmosfeer en die energie bly dieselfde. Dis al vir jare so. Hierdie soort dinamika kom net van ‘n besondere intieme verhouding met ‘n ware God af. Dis omdat hulle primêre doel nie is om te sorg dat die kerk so vol as moontlik is by elke diens nie maar eerder om God se mense met die waarheid te lei. Wanneer ek na hulle kyk en luister dan sien en hoor ek dat die lewe anders is onder die bewind van ‘n ware Alleenheerser. Wanneer ek hulle verligte harte ervaar dan voel ek trots, gelukkig en opgewonde om my te onderwerp aan ons Here en Koning se gesag. Ek wil nie deel wees van n demokratiese benadering of gesindheid tot ons Koning se leierskap nie. Moenie verlossing sonder ware heiligheid aanvaar nie. Dis n slim plan wat die vyand bedink het om ons daarvan te weerhou om HOM te sien.

Dis ook nie net in die kerk nie. Ook in ons persoonlike lewe doen die vyand dit. Moenie gaan vir 50% van God se plan vir jou nie, doen 100%. As jy dit wil doen sal ek sê gaan na die PPK Carletonville toe. Hoekom? Skape wat buite die kraal of sonder n wakker wagter rondloop word opgevreet. En nie alle skaapwagters is dieselfde nie. Party verstaan beter as ander wat die Here bedoel het toe Hy gesê het "Nie almal wat vir My Here Here sê sal in God se koninkryk ingaan nie. Wat die deurslag sal gee, is of hulle aan My hemelse Vader gehoorsaam was." - Matteus 7:21.

Ek sê weer, ek is nie die heiligste mens wat daar is met n toegangskaartjie hemel toe nie. Maar ek wil nie, wanneer dit my beurt is hoor dat Jesus sê dat Hy my nie ken nie en dat ek nog nooit werklik syne was nie. Dat ek van Hom af moet weggaan! Omdat ek nie gedoen het wat voor God reg is nie - Matteus 7:23.

Ek wil ten minste my heel beste probeer om gehoorsaam te wees aan Hom. Ek wil weet dat ek werklik alles gedoen het wat ek kon om heiligheid te bereik. Ja, ek weet, ons probeer al vir eeue uit ons eie krag met droewige gevolge. Ons faal elke keer.

By die tyd hoor ek julle sê vir my "Terwyl jy dan nou dink jy's so slim, weet jy dalk van n plan wat gaan werk?" Ja, Pastoor Stols het dit mooi verduidelik. Hy't gese dat God ons bemagtig deur Sy genade - "My genade is genoeg vir jou, want My krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking."

- 2 Korintiers 12:9

Die enigste manier is met die genade van God. Die grootste, belangrikste en onverdiende geskenk wat ek en jy ooit ontvang het. Ons het dit beslis nie gekry vir goeie gedrag nie. Dit kom ons nie eers toe nie. God se genade vergewe ons wanneer ons te kort skiet. Wanneer ons ons beste probeer maar nie goed genoeg is nie sal daar altyd genade wees. Genade gee ons die krag om heilig te wees. Maar dis nie n lisensie om te maak soos ons wil nie.

Kon ek nie maar dertig jaar gelede al n klein skapie in hierdie kraal gewees het nie? Ouers, vat julle kinders kerk toe en gaan saam met hulle binne in die kerk in. Sit deur die diens en luister met die doel om te hoor. Jy sal nooit spyt wees daaroor nie. Ja, maar tyd? Ek belowe jou dat, wanneer jy hierdie tyd afstaan aan jou hemelse Vader en jy werklik belang stel in Hom, sal Hy sorg dat die res van jou week meer as genoeg ure het. En in elke geval gaan jy dit geniet. Ons kerk is opwindend en opbouend.

Die man in my lewe was eers in die NG kerk. Hy't NG kerk toe gegaan en ek PPK Carletonville toe. Ek het hom genooi om saam te kom. Hy wou eers nie. Ek weet die verandering in my het hom laat wonder wat in daai kerk aangaan? Hy't saam gegaan, en die res is n fantastiese ervaring saam met n man op ‘n reis wat net mooier word, die man en die reis. Dis omdat die middelpunt van sy lewe en bestaan, God is, en al die res draai daarom. Sy eerste liefde is God, en dan ek. Dit hoort so, en dit werk! Ons is altwee deur Pastoor Stols gedoop. God het ons Syne gemaak. En dit het alles hier in die Pinkster Protestante Kerk in Carletonville begin.

Hy het sy enigste Seun se lewe as losprys vir ons gegee. Jesus se bloed het ons los gekoop. God het jou nie tot hier gebring om jou nou te los nie. Dit hang nou net van jou keuses af. God het ons alles gegee om die beste te wees: die waarheid van Sy woord, die leiding van Sy Gees en die krag van Sy genade. Maar Hy gaan jou nie dwing om iets teen jou sin te doen nie. Hy nooi jou uit om deur geloof, onderskeidingsvermoë en nederigheid n lewe te ontdek wat jou wildste drome oortref.

Wat is dit wat jou terug hou?

Onthou net "Hy sal jou dek met Sy vlerke, en onder Sy vleuels sal jy skuil; Sy trou is n skild en pantser. Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie, vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie! Al val daar duisend aan jou sy en tienduisend aan jou regterhand - na jou sal dit nie aankom nie."

-Psalm 91:4-7.

Van Arrie en myself groet ons julle in die mooi naam van Jesus. God se rykste seën vergesel julle gedurende hierdie komende Paaskonferensie en vir altyd. Ons is geweldig baie lief vir julle.

Tot ons julle weer sien.

Pastoor en Tannie Marie Stols.

Met groot dankbaarheid en wardeering . Wil ons baie dankie se vir al julle liefde en omgee.Die PPK ebenhaeser gemeente het ons met liefde en warmte laat tuis voel 3 jaar terug .En vandag is ons nog steeds daar .Ons dank die Here dat Hy so deur Pastoor werk en ons dank die Here vir elke woord wat uitgaan.In 3 jaar het ons baie geleer. En sien ons uit daarna om elke diens by te woon. Ons Gebed is dat die Here Pastoor ,Tannie Marie en die gemeente sal Seen en na hoër hoogtes sal neem in Jesus naam.

Baie liefde.

Die Steyn gesin.

PPK Ebenhaeser Carletonville

Dit is nie net ons gemeente nie, dit is ons famielie wat saam ons lag as ons gelukkig is, saam ons huil as ons hartseer is en bo en behalwe als saam ons bid in goeie en slegte tye! DIt is nie net n kerk nie maar dit is vir Ons n veilige hawe waar ons weet ons veilig is! Daar is rerig n plekkie vir almal en almal is altyd welkom, en hulle doen hulle bes om dit vir elkeen so lekker moontlik te maak, Saterdag se Sondag skool piekniek was vol pret en niemand het uit gevoel almal het saam gelag en gekuier en gebraai, en die hoogte punt vir die klein kindertjies was dat al die sondagskool personeel Oud en Jonk saam hulle baljaar het in die water en op die gras! My kinders sien al kla uit vir volgende jaar se piekniek! Dankie Oom Pastoor en Tannie Marie vir die ysterhand waarmee die gemeente bestuur word! Ons is deel van PPK Ebenhaeser in Murg en been, en is trots om DIe Here saam elkeen te kan dien! Baie Liefde Jaco en Annika Day

Pastoor en suster Marie

Wat n voorreg om die Here saam met so wonderlike herderspaar en gemeente te dien.

Ek dank die Here vir al Sy seeninge en guns bewys aan hierdie kosbare gemeente. Dat die Gees van God vrylik kan werk.Dat Pastoor en suster Marie gehoorsaam is aan die stem van God.Dat hulle julself beskikbaar stel vir die die werking van die Heilige Gees.

Ons waardeer u en is baie lief vir u.

Liefde Vivian en Susan v d Berg

PPK ebenhaeser gemeente is nie net 'n gemeente nie, maar ons familie. Die huis van God is ons veilige skuil plek. Pastoor en tannie Marie is altyd daar vir almal wanneer jy iemand nodig het om te bid dan kan jy enige tyd vir Pastoor of tannie Marie vra. Al vra ons nie weet ons dat Pastoor en tannie Marie vir ons bid. Dit is die mees liefdevolste mense wat omgee oor elke liewe een klein en groot. Die gemeente is werklik soos 'n familie wat net so omgee en soveel liefde uitstraal na elke persoon. Ek dank die Here vir kosbare mense wat weet hoe om die Here se naam groot te maak, wat weet hoe om te bid en as jy nie weet nie leer jy deur die Here se Heilige Gees wat ons lei en wat so tasbaar teenwoordig is met elke samekoms. Die gemeente hou nie net saam kerk nie ons hou verjaarsdae saam, ons kuier saam op ken mekaar aande met iets heerliks te ete en ons gaan selfs die nuwe jaar saam in deur 'n middernag diens en 'n heerlike kuier daarna. Die liefde van die Here en die liefde van mense is altyd teenwoordig. Die Here is vir ons elkeen baie goed Hy beskerm ons, Hy sorg vir ons, Hy praat met ons deur Pastoor en ander wat die woord van die Here bedien wat in gebid is en luister wat die Here vir ons wil sê. Die waarheid word gepreek en die Here is ernstig besig met ons want Hy wil nie hê ons moet verlore gaan nie. Dit is kosbaar om die Here in die gemeente te dien en deel te wees van die Familie in God. Jesus Groete

Victor Oosthuizen. (Sekretaris)

Al die lof, al die eer en al die dank aan die Groot en Almagtige God en ons hemel se Vader. Vir Carletonville PPK Ebenhaeser gemeente is die Here waarlik baie goed. Die Here seën ons uit ons sokkies, ons beker loopoor dat ons uit die piering moet drink. Wanneer die Aangesig van Here gesoek word ons gebede verhoor en atwoord die Here ons. Die Here red nog sielle, genees en voorsien in al ons behoeftes. Die Here is alomteenwoordig, wanneer ons as Kerkraad bymekaar kom vir 'n Kerkraadsvergadering is die Here daar teenwoordig in die raadsaal in ons midde deur Sy Heilige Gees en Sy salwing. Ons wil BAIE DANKIE Së aan die Heilige Gees wat altyd teenwoordig is wanneer ons bymekaar kom in die Tabernakel vir 'n diens, 'n biduur, 'n itemoeffening die Heilige Gees is altyd teenwoordig.

Dit gaan goed met ons gemeente ons dank die Here daarvoor.

Pastoor is die trotse herder deur te kan sê ons gemeent is reg oor die wêreld, dankie aan die Internet. Dankie aan elkeen wat ons webwerf besoek en na ons dienste kyk mag die Here u baie ryklik seën.

Geseënd is u, toegemaak onder Jesus se kosbare bloed en omring met Jesus se Liefde en gende.

Liede groete Victor en Maritza.

Ek dank die Here vir 'n Herders paar wat nog die woord bedien soos wat dit in die woord van God geskryf staan: niks byvoeg en niks weglaat nie. Ek dank die Here vir die bloed van Jesus wat deur hierdie gemeente nog geken en geëer word. Ek dan die Here vir die teenwoordigheid van Sy Heilige Gees gedurende ons dienste en vir 'n vars woord voortgedryf deur Sy Heilige Gees met elke diens. Ek dank die Here dat ek na elke diens bemoedigend en vernuwe kan uitstap en weet ek is bemagtig met dit wat ek nodig het om die volgende twee dae deur te kom totdat ek weer Sy aangesig tydens 'n biduur kan soek. Ek dank die Here vir 'n Kerk en gemeente ('n Herders paar) wat hulle nie wend na nuwerwetse leerstellings en praktyke nie, maar wat steeds die Here se aangesig soek en op Hom wag deur vasting, gebed en danksegging. Ek dank die Here vir Broers en Susters in die gemeente wat dieselfde verwagting as ek het, en diensbaar kan wees tot eer van ons Koning en Meester. Wat 'n groot voorreg is dit nie om in hierdie gemeente te kan aanbid nie. 'n Gemeente waar die Here steeds wonderwerke doen en doop met Sy Heilige Gees. Al die lof en eer aan 'n groot en almagtig God!

Hierdie is my tuiste en familie. Wat 'n voorreg om in te stap en die Heilige Gees te ervaar. Ons word met waarheid bedien. Ons het 'n herderspaar wat die voete van Christus ken en graag die gemeente lei om altyd na meer in Gees te strewe. Ons dienste is vuurwarm vir die liefde van Christus. Doping met die Heilige Gees en die spreek van vreemde tale word aangemoedig en verwelkom. Ons vroue konferensies is so geseend en elke vrou stap daaruit met 'n nuwe ondervinding. hierdie is 'n biddende kerk wat glo om eers op die stem van Christus te wag. Ebenhaeser - Tot hier toe het die Here ons gehelp...Amen.

Ek prys en loof die Here dat ek op Youtube by PPK Ebenhaeser Carletonville uitgekom het. Ek het die dag gesmag na die waarheid van die Woord en die Heilige gees en het voor my rekenaar gesit en so stilweg gesug en vir die Here gevra of daar nie dalk iets sal wees wat my sal versterk op die netwerk nie. Ek Prys en loof sy Naam want toe ek dit oopmaak sien ek PPK Carletonville en ek maak dit oop en begin luister. Halleluja....wat 'n wonderlike ondervinding die salwing wat ek ontvang het, die Heilige Gees is absoluut teenwoordig en dit het my hele huis gevul soveel so dat my huishulp kom staan en luister het en gehuil het. Toe bring Pastoor Stols die boodskap en wat 'n ondervinding dat die waarheid gespreek word en nie paai woordjies nie. Mense dit was vir my so wonderlik dat ek nou elke dag na een video op Youtube kyk. Ek het Pinkster grootgeword en het die diep weg geken waar die Heilige Gees so kragtig was en die Preke om jou die regte pad te wys en nie te flous nie. Ons het met my man se werk vreeslik rond getrek en soms was ons gelukkig om 'n plekkie te kry waar die Here se teenwoordigheid was en ander kere nie. Nou bly ek op 'n plasie wat nie naby Gemeentes is nie. So ek dank my Hemelse Vader dat ek PPK Carletonville ontdek het. Ek bid dat die Here julle werklik sal Ryklik Seen. Ek het vir my van die DVD'S bestel en ek gaan juig hier in die huis. Al die Eer en die Lof aan Jesus vir mense wat nog volgens die Woord van die Here lewe. Vreindelike groete in Jesus.

Ek wil ons Liewe Vader ook al die LOF en EER van my hele wese gee dat ek die voorreg kon geniet het om die Vroue Konferensie te kon bywoon. Ek het met 'n DORS in my Gees en in my hele lewe soontoe gegaan en ek het geweet dat daar sal my Geestelike Dors ten volle gevul word. AL DIE DIENSTE was fantasties, wonderlik en so verrykend. Ek het die eerste paar dae na die Konferensie nog op wolke gesweef. Die Heilige Gees het ons so kom bederf, ons so gevul en ons so verryk. Baie dankie aan Suster Marie wat so naby aan die hart van Jesus en die Heilige Gees lewe, die boodskappe was almal so vir my bedoel. Ek TEER op die Geestelike Voedsel wat ek daar geniet het Ons kry maar Geestelik ontsettend swaar in Pretoria waar die Heilige Gees nie meer in kerke werk nie, waar die gehoor gestreel word en waar die waarheid nie gepredik word nie. Die stede se kerke het so modern geword en die kleredrag skokkend. Dankie vir die mooi voorbeeld wat Pastoor en Suster Marie stel vir Carletonville PPK.

Dankie dat die waarheid gepreek word

Dankie dat die Heilige Gees 'n ERE PLEK het.

Ek sien so uit na volgende jaar se Vroue Konferensie.

Ek is so lief vir die pragtige mense van daai fantastiese gemeente.

Baie liefde

Anita Louw (Pretoria)

Graag wil ek vandag weereens net aan al die Pinkster Protestante Gemeente Lede van Carletonville Ebenhaeser se hoe bevoorreg julle is om in so lieflike fantastiese gemeente te kan wees.

Die afgelope 2 maande het ons die begrafnis van 2 jongmense bygewoon. 21 jaar oud en 24 jaar oud. En by albei het ek dieselfde woorde in 'n boodskap ontvang "DIT NIE GEMAAK NIE"!!! en ek glo hul albei het gesterwe soos hul gelewe het. Die Heilige Gees het die woorde "DIT NIE GEMAAK NIE" swaar op my hart gele. Hoe vreeslik moet dit wees om eendag die woorde van Jesus wat dan die mens se Regter sal wees, EK KEN JOU NIE, GAAN WEG, JY HET DIT NIE GEMAAK NIE.

As ek die dienste daar op YouTube bywoon, en ek sien baie kere hoe min mense die dienste bywoon wil ek sommer hardop uitroep, o mensekind wat sommer vir geen rede uit die dienste wegbly, as EK maar net weer daai geleenthede kon kry. Hoe baie kere het EK toe ons in Carletonville woonagtig was sommer net vir niks uit die dienste gebly.

Ons was Vrydag toe by die jongvrou van 24 jaar oud se Roudiens, en ek kon my 2 ore nie glo toe die Prediker se dat hy die versekering gekry het dat hierdie vrou die hemel gemaak het nie en net voor hy die uitlating gemaak het is daar van haar familie wat hulde gebring het en vertel het dat sy maar wilde lewe gehad het. Ek het haar ook geken as iemand wat geen maar geen tyd of plek aan Jesus in haar jonglewe gegee het nie. Wat vir my ontsettend onrusbarend was, was dat daar baie jongmense die diens bygewoon het wat maar die 'GO AHEAD'gekry het om aan te gaan met hulle wilde lewe en hulle kan leef soos hulle wil, sonder Jesus, sonder die Heilige Gees en hulle het BETAALDE KAARTJIE hemel toe, ongeag hoe hulle lewe en hoe hulle sterwe.

Dankie Pastoor Stols en Suster Marie dankie vir die Heilige Gees boodskappe, dankie vir die WAARHEID, net die waarheid kan ons vrymaak en ons red van 'n ewige hel. Dankie dat ek die Heilige Gees salwing op YouTube dienste kan ervaar en geniet.

Dankie vir die voorbeeld wat u albei stel, dat u albei nie net hoorders is nie maar daders.

Dankie dat my Pinkster Erfenis vir my mooi gemaak is deur U albei, ek hou vas wat ek daar geleer en ervaar het en wat ek nog op YouTube mag geniet.

Baie liefde en seeninge

Anita Louw (Pretoria)