Nuusbriewe

Geliefde kind van die Here.

Ek glo dat dit met u goed gaan!

Graag wil ek net aan elke kind van God 'n vriendelike versoek rig om tog nie elke gees te glo nie. Ek weet dat Paasfees is sterk onder die aanval en dat predikers poog om te bewys dat dit nie 'n christelike tyd is nie. Dit is egter belangrik om te weet dat die viering van hierdie tyd was altyd tot herdenking van die grootste oorwinning van die Kerk van Jesus Christus. Die sentrale doel was nog altyd om Christus te verheerlik. Dit is wel waar dat ek nie werklik verstaan waarom ALLES wat vir die kind van God eenmaal belangrik was, nou afgemaak word as heidens ensovoorts nie. Skielik is mense daar om dit en dat as verkeerd te bewys, die datums kom nie ooreen nie, en dit was onmoontlik dat dit sou gebeur het in daardie tydsgleuf, kan ons nie net weer op die oorwinning van Jesus Christus fokus nie? Ek ken 'n jongman wat gebore is op die 29ste Februarie, maak dit nou dat hy net eenmaal elke vierjaar verjaar? Ek dink ons is groter as dit! Kom ons vier fees met dit waarvoor ons ALTYD PAASFEES onderhou het.

Liefde groete.

Pastoor Stols

'n Hartlike goeie môre aan elkeen.

Dit is voorwaar 'n voorreg om op hierdie mooi dag net 'n kort gedagte te laat vir elkeen. Die Woord van die Here sê: Wees heilig, want Ek is heilig! Kan ek vandag 'n beroep doen op elkeen wat meer van die Here verlang, om op te staan vir die waarheid, op te staan vir 'n veranderde lewe in Jesus Christus. Ons leef in die dag waarvan die Here gesê het; die wat vuil is, sal vuiler word en die wat skoon is, sal skoner word. Daar is nie 'n midde weg vir 'n heiligmakende lewe nie. Kan elke kind van God, elke christelike kerk nie weer die waardes van God aanneem en dit uitstraal nie. Matthéus sê; Julle is die lig van die wêreld en julle is die sout van die aarde. Ek daag die kind van God en die Kerk uit - word weer LIG en word weer SOUT!

Hou aan, moenie moeg word nie, dien die Here!

Vriendelike groete.

Pastoor Stols