Uit die Pastorie

Ek wil net van die geleentheid gebruik maak om ons Sondagskool Personeel geluk te wens met 'n baie suksesvolle Sondagskool Piekniek. Hierdie was voorwaar 'n besondere dag en wil ek aan die Here die eer gee dat die hele dag sonder enige voorval verloop het. Nogmaals baie dankie vir die wonderlike dag en ook baie dankie aan Coen en Magda van die Jeugkamp terrein by Fochville vir hulle vriendelikheid en behulpsaamheid.

Vriendelike groete.

Pastoor en Suster Stols

2017-02-04

Uit die Pastorie


‘n Hartelike groete vanuit die Pastorie.

Meeste van ons verbeel ons dat ons in God se oë maar net een van die miljoene is.

Ons weet dat die meeste mense dink ons is nie belangrik nie en daarom neem ons dus aan dat

God op dieselfde manier aan ons dink. Maar, God is nie soos 'die meeste mense' nie. Ons voel dat God witbroodjies het en ons dink dat ons baie ver

onderaan die lys is. Maar ons sal sien dat hierdie een manier is waar gevoelens nie met die realiteit ooreenstem nie. Vir God is jy spesiaal!

Redes waarom God niemand anders bo jou stel nie God se Seun het Sy laaste druppel bloed vir jou gestort!. God het jou met Sy hele hart lief. Hy het jou lief met elke spikkel van Sy Ontsaglike groot liefde. Dit beteken dat dit nie saak maak hoe lief Hy ander het nie, Hy kan onmoontlik iemand anders meer liefhê as wat Hy jou liefhet nie.

Die Here het my met Joh. 17:23 stilgemaak:

Ek in hulle en U in my. Sodat hulle volkome een kan wees, sodat die wêreld kan weet dat U my gestuur het en hulle liefhet net soos U my liefhet.

Ek kan nie daarby verby kom nie; Ek kan nie daaronder wegkruip, of oor dit klim nie. Al wat ek dus kan doen, is om daardeur te gaan, dit te absorbeer en in te neem sover ek gaan. Christus is in my - en God is net so lief vir my as wat Hy vir Christus is. Daar is geen manier waarop God se liefde vir Christus halfhartig kan wees nie. Daar word nêrens in die Skrif beloftes gemaak dat jy altyd geliefd sal voel nie, ook nie dat omstandighede dit altyd ooglopend sal maak dat jy geliefd is nie. God beloof eenvoudig dat Hy jou liefhet. Geen swaarkry of tragedie sal jou ooit van die liefde van God kan skei nie. (Romeine 8:35-39). 'n Prentjie wat jy nou sien bewys absoluut niks. Slegs die films van die ewigheid, kan werklik God se oneindige liefde vir jou weergee. Hoe liewer jy vir iemand is, hoe belangriker is daardie persoon vir jou. Die feit dus dat God jou met Sy hele hart liefhet, beteken dat jy belangriker vir God is as wat jy jou ooit kon verbeel!

Voordat God ons vergewe het, was ons almal geestelik dood. Die Woord bevestig dat elke persoon op hierdie planeet dood was as gevolg van hulle sonde. Jy kan nie dooier kry as dood nie. God kan nie sê; Ek kies haar want sy is minder dood as hy nie! Deur Christus word ons vergewe en wanneer God na 'n persoon wat vergifnis ontvang het kyk, kan hy geen sonde raaksien nie. Wanneer jy vergewe is, kan God geen mens op aarde vind wat méér as jy vergewe is nie. Dus, sonder Christus, is almal ewe dood in sonde, en in Christus is ons ewe veel vergewe.

Met baie liefde, aan die beste Gemeente!

Pastoor en suster Marie

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Kommentaar


Anoniem

2017-10-19 09:58:50

Geagte Leser. Ek groet julle in die mooi naam van Jesus ons verlosser en Koning. Ek het 'n getuienis wat ek met julle wil deel. My getuienis mag klein klink of na nie veel nie. Maar lees aandagtig. Dan gaan jy beleef en ervaar wat ek beleef het. Ek het 'n paar dae terug 'n preek op die internet geluister deur Past. W. Stols. Dit was onbeskryflik. Die diens was oneveer die 23 Julie 2017. Die Sondagoggend of Sondagaand. In die boodskap het Pastoor gepreek oor die Naam van Jesus wat bo elke naam is. Maar past. het verduidelik wat dit regtig beteken. Dis 'n onmeetbare groot stelling wat soveel Krag het. Ek het dit nie besef nie. Elke probleem het 'n naam. Maar die Naam van Jesus is bo elke naam. So Hy het mag oor alles. ALLES! Wanneer sy Naam Genoem word voor 'n probleem, uitdaging of versoek moet die omstandigheid sy knieg buig. Dit kan nie anders nie, want Hy LEEF! Ek gaan probeer vinnig wees. Hier is my getuienis. Om 'n lang storie kort te knip, het ek 'n paar dae na ek die boodskap geluister het, dit woord in my lewe begin toepas. Ek moes deur gaan Woodmead toe wat in Johannesburg gelee is, vir opleiding. Ek het vir my bestuurder gese ek gaan die oornag na die opleiding nie. Ek wil huis toe gaan. Die opleiding maak eers 17h30 klaar. Ek het vroeg die oggend al gebid en die Here gevra of Hy nie kan voorsien dat die opleiding gekansaleer word sodat ek vroeer kan terug ry omrede die verkeer so nagmerrie is daardie tyd van die middag nie. Min weet ek dat God 'n plan het vir my. Die opleiding gaan toe aan. Ek verskoon myself 17h20 toe die opleiding klaar is. Die wat Johannesburg en Pta verkeer ken, sal presies weet hoe dit is. My kollegas se vir my. Jy maak 'n fout. Maar jy moet maar mooi ry en "lekker vassit" in die verkeer. Ek klim toe in my voertuig. Ek begin bid en vra die Here om my te help. (God wil altyd voorsien. Ons moet net vra. Bly in Hom en Hy in jou. Dan sal Hy sorg.) Soos ek ry, is die verkeer reeds druk besig. Hier kom die wonderwerk. Boers en susters, So klim ek op die afrit om op die M1 te klim wat later N1 word rigting Noord. die verkeers staan stil. Toe ek op die snelweg klim, se ek, Here ek weet nie wat U gaan doen nie maar asb red my hier uit. Dit gaan amper donker wees en ek het nog ver om te ry. So praat God met my. Ek steek my hand voor my uit die rigting van die verkeer. Ek se toe kliphard "Verkeer... Sy Naam is JESUS" (onthou dis spits verkeer 17h30 - Johannesburg) So herhaal ek dit heeltyd. Ek begin Sy Naam loof en prys. Ek pleit my toe onder die Bloed van Jesus. My voertuig, gees siel en liggaam. Ek vra Here bewaar my in hierdie baan. Hier begin die verkeer te vloei. soos ek spoed optel bly ek aanhou ry en ek hou aan se "Verkeer! Sy Naam is Jesus en jou knie sal buig!!" Die verkeer is druk. Maar my baan beweeg al vinniger tot ek op 100km p/h is. Daar kom 'n spasie tussen my en die voertuig voor my. Laat niemand voor my indruk nie. soos iemand voor my in sny so beweeg die voertuig dadelik na 'n ander baan toe. Geen toeters of ongeduld om my nie. Toe ek met my oe God se Hand sien. Kom die krag van die Here oor my. My baan beweeg vinnig. Soos ek Hom loof is ek op spoed op 'n snelweg wat moet besig wees en stilstaan in daardie gegewe tyd. Soos ek GOD dank so verminder die voertuie om my. Toe ek by Petro port tolhek het kom wat Noord van Pta is, was dit 55min later. Toe ek Jesus aanroep... dra Hy my deur spitsverkeer van Johannesburg tot uit Pta binne 55 min sonder om stil te staan. Dis hoe my God werk. NIKS is vir Hom onmoontlik nie. Ek bel my kollega. verwittig hom dat ek reeds uit pta is. My kollega kon dit nie glo toe ek hom bel nie. Ek antwoord hom en se daar is Krag in Gebed. God is in Beheer. Met elke probleem groot of klein. Noem net die Naam van Jesus en spreek die probleem aan. Soek Sy Aangesig en bly aan sy voete en Hy sal voorsien. Past. se dit altyd mooi. As iemand se jy ken nie my probleem of omstandighed nie... Jy Ken nie my God nie. God is elke tree met ons. Smag net na Hom en ken Hom in al jou wee, dan sal Hy jou paaie vir jou gelyk maak. Nie net as dit sleg gaan nie. As dit goed gaan ook. Hy wil als van ons he. Wees nederig en buig jou kniee vir HOM. Hy is meer werd als enige iets. Ek groet julle in die mooi Naam van Jesus tot die volgende getuienis.

Anoniem

2017-09-18 16:15:01

Ek groet julle in die mooi Naam van ons Koning Jesus. Broers en susters. Jesus se koms is naby. Nader as wat ons besef. Ek het dit self nie besef tot 'n tyd terug nie. Maak reg met God en MOENIE aan die slaap gevang word nie. Die duiwel loop rond soos 'n brullende leeu om te steel en te verwoes. Maak seker jy het die wapenrusting van God aan. Om 'n kind van God te wees is nie maklik nie. Maar Sy woord se volhard. Bly aan Sy voete. Kyk na Sy hande. Ek het 'n ruk terug op youtube julle dienste ontdek. Ek het dit begin kyk en kon sedertdien nie ophou volg nie. God het wonderwerke in my lewe begin doen. Ek het Hom gevind vir die eerste keer in my lewe soos nog nooit. Ek het baie getuienisse wat ek met julle wil deel, maar sal net nou een met julle deel. Soos 'n mens maar is, toe ek die dienste sien. Wou ek dit graag begin luister. Maar data is maar duur. Ek het 'n gemeente gesoek om te gaan besoek maar waar die Gees van die Here welkom is en waar Hy in Gees en in waarheid gedien word. Jy sukkel om so kerk te kry. Ek het gebid en vir die Here gevra... wat nou Here? Help my asb. Dit was nie lank nie, toe kom my werkgewer na my toe en se dat hulle ons 3G modems vir die skootrekenaar gaan terugvat en die data direk op ons fone gaan sit. Ek het nie besef wat gaan aan nie, tot God duidelik met my praat en se "nou kan jy na die preke luister op jou foon terwyl jy op die pad is" Soos ek na die preke luister het God my aangeraak in die motor terwyl ek na my kliente in verskillende dorpe ry laat ek die trane van my gesig moes afvee laat ek nie met rooi gehuilde oe by my kliente instap nie. God het my lewe verander. Kinders van God. Ek wil net laastens weer se MOENIE aan die slaap raak nie. Sy koms is naby. Hy soek ons volle aandag soos nog nooit tevore nie. Wees bly om bymekaar te kom en Hom te dien waar Sy Gees welkom is. Hy voel nie meer welkom in baie kerke nie. Die kerk raak "gechill" God soek ons op ons kniee. Moenie dink oor jy elke diens in die kerk sit dat jy veilig bly nie. Ken hom in AL jou wee DAN sal Hy jou paaie gelyk maak. Koop die tyd uit. Bid elke oomblik wat jy kan, al is dit 'n paar sekondes. Jesus het vir sy dissipels gese bid sonder ophou. Kry 'n dringendheid in julle harte vir God se werk en sy bevele want sy koms is naby. Wees bly en loof en prys hom met oorgawe asof dit jou laaste lofprysing is. Hy het vir ons gesterf. Hy verwag lofprysing met ons alles. Soek Sy aangesig terwyl Hy nog te vinde. Moenie julle dienste van selfsprekend aanneem nie. God is met julle. Dank Hom. Smag na Hom. Hou vas aan Hom. Begeer Hom. In 'n oogwink kan jy weg wees en sterf. Laat jou lig skyn in die donker wereld. Gaan die ekstra myl vir Jesus! Sy koms is bitter Naby. Waak en Bid.

Andrew

2017-02-24 07:36:15

I just want to thank the Lord for this blog. I was searching for something to hold on to, then I came across this. Thank you somuch.

Anoniem

2017-02-14 09:51:23

Puik, dankie vir hierdie gedeelte. Dit het my sommer nuwe hoop gegee.